Kerkplein / Church Square, Pretoria
http://monument-sa.co.za/kerkplein-pretoria-geboue-rondom-kerkplein/
Die standbeeld van Paul Kruger word in 1954 in die middel van Kerkplein onthul, daar waar eers twee kerke en later ń fontein gestaan het. Die fontein verskuif na Pretoria Dieretuin.
Kerkplein Pretoria / Paleis van Justisie Bouwerk het begin 1886, die hoeksteen is 8 Junie 1897 gelê deur Pres Paul Kruger. Die styl van die gebou van die Paleis van Justisie is volgens die ZAR styl en is uitsonderlik met sy 2 ingangstorings
ONS EERSTE VOLKSBANK. Strewe na Afrikaanse volkseie bank. Kaapse argitektuur verenig met Transvaalse baksteentradisie. Ons Eerste Volksbank is in 1920 gestig en Volkskasbank het in 1934 hieruit ontstaan. Huidiglik is dit ABSA.
CAFE RICHÉ. 1904. Baie van die materiaal wat gebruik is in die gebou was vanaf die gesloopte tweede kerk op die plein. Op die grondverdieping was die gewilde Cafe Riché Lounge Bar waar gaste van onder deur glasblokke kon kyk na die voetsole van verbygangers op die sypaadjie. Anton van Vouw was die beeldhouer wat reliëf en beeld van die uil gemaak het.
Halfronde granietmure en trappe met wapens van die Unie van SA en Pretoria weerskante is in 1922 by die tremstasie opgerig en is nou nog daar aan suidekant van Krugerstandbeeld. Interessant is ook die tremspore wat nog daar sigbaar is (nie op die foto nie)
Vanuit die ou Raadsaal geneem.
Sytze Wopkes Wierda, gebore in Friesland, kom in 1887 na die Z.A.R. as Hoof van die Departement Publieke Werke en sy eerste groot werk is die bou van ń nuwe regeringsgebou. Hy ontwerp die Raadsaal in ń Renaissance-styl, later ń tipiese Z.A.R.-styl. Die Raadsaal is dus die oudste gebou op Kerkplein. 1888 is begin met die bouwerk nadat die European-hotel ook gesloop moes word . Die bouwerk is gedoen deur JJ Kirkness wat op die Orkney-eilande gebore is. Boumateriaal was baie skaars. Hout is vanaf Noorweë na die Orkney-eilande vervoer waar Kirkness se timmerman skoonpa dit voorberei het, daarna per skip na Durban, per spoor na Charlestown, die sooorwegterminus en dan daarvandaan per wa na Pretoria. Die sandsteen is naby Pyramidstasie noord van Pretoria verkry.Leiklip vir fondasie vanaf Hammanskraal.Bakstene is gebrand by Kirkness se steenmakery by Groenkloof. Metaaldakteëls uit Skotland. Horlosie en klokke uit Duitsland. 1889 lê Pres Paul Kruger die hoeksteen

Die OU NEDERLANDSE BANKGEBOU. 1896/1897. Die gebruik van bakstene met versierings van sandsteen wys die Vlaamse en Nederlandse invloed duidelik.
STANDARD BANKGEBOU wat opgerig is 1931-1933 in die plek van die Grand Hotel. Al die ou hotelle om die plein is vervang deur meestal bankgeboue en die sosiale rol van die plein verval heeltemal. Hierdie drieverdieping gebou het veroorsaak dat die beplande tweeverdieping Raadsaalgebou wat halfpad reeds voltooi was, inderhaas nog ń verdieping moes bykry anders steek hy dalk af teen die ander geboue. Interessant is ook die tremspore wat nogsteeds sigbaar is
Die LAW CHAMBERS heel links. 1890. Die gebou pas by die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie as deel van ZAR styl. Tydens restourasie 1988 is pleister en verf verwyder en oorspronklike baksteen en sandsteen herstel. Die gebou het houtplafonne met ń kleilaag as geraasbuffer en brandwering. Langs die Law gebou is CAFE RICHÉ aan sy regterkant. 1904. Baie van die materiaal wat gebruik is in die gebou was vanaf die gesloopte tweede kerk op die plein. Op die grondverdieping was die gewilde Cafe Riché Lounge Bar waar gaste van onder deur glasblokke kon kyk na die voetsole van verbygangers op die sypaadjie. Anton van Vouw was die beeldhouer wat reliëf en beeld van die uil gemaak het.