Namaqualand Flower Tour / Namakwaland Blommetoer 2020
Daar is 'n slideshow van al die fotos as jy eerder net agteroor wil sit en dit wil kyk. Dit neem effens lank om te laai.
As jy die hele toer wil sien met kommentaar blaai af.
As jy die hele toer wil sien met kommentaar blaai af.
Maandag die 17de Augustus 2020 toe sê Pres Cyril Ramaphosa die provinsie grense oop maak die 18de oop. Ons is al sedert Maart in 'n erge lockdown as gevolg van die Covid-19 pandemie. 'n Werelwye pandemie wat die wereld op hol het. Die volgende oggend vroeg toe begin ons met besprekings vir die Namakwaland blomme toer vir 2020. Die Weskus en omliggende gebiede het in die vorige maande die meeste reën nog gehad in die afgelope 14 jaar en die blomme skouspel het belowe om iets besonders te wees.
Ons beplande roete sou ons van die huis af neem tot in Elandsbaai, via Sutherland (daar is 'n korter roete maar ons wou graag in Sutherland oornag omdat nie een van ons drie nog ooit daar was nie). Vandaar gaan ons langs die kus noord tot ons moet wegdraai Garies toe. Daarvandaan gaan ons Hondeklipbaai toe en dan kom ons weer terug N7 toe. Ons slaap in Kamieskroon, dan Nieuwoudville en dan vir bietjie iets anders as blomme oornag ons twee aande in Suid-Afrika se nuutste Nasionale Park, Mokala. Dan is die die laaste been huistoe. 10 dae, plus-minus 3500 kilos sonder enige ander rondryery.
21 Augustus
So die middag van die 21ste Augustus net na werk vertrek ons na Trompsburg. Ons eerste oorslaap vir die roete is by En Route Guest House.
22 Augustus
Die oggend van die 22ste word ons begroet met 'n baie koue Vrystaatse oggend. Die temperatuur is laag en ons is traag uit die bed uit. Vandag ry ons via Gariepdam en Loxton na Sutherland. Ons stop vir 'n boere ontbyt by die Kuilfontein Guest Farm and Farm Stall.
Net buite Victoria Wes kry ons ons eerste lang stuk grondpad vir die toer. Die bakkie gaan behoorlik stof vreet die volgende paar dae.
Ons slaap vanaand in Sutherland in Die Heks se Huis. 'n Pikswart geverfde huisie met 'n kaggel en 'n groot loft. Die basset van die eienaar het kom groet en toe ons nie kyk nie sommer die rou vleis vir die aand se braai gegryp en is sy erf gaan verober.
Agv Covid was die SALT teleskoop nie oop vir toere. En dit was een van die redes hoekom ons in Sutherland oorgeslaap het. Ons het toe maar eerder die NG Kerk gaan afneem
"Designed by architect Charles Freeman, the church was occupied by British soldiers during the Anglo Boer War before it could be consecrated! Graffiti scribbled on the walls and a door by British troops is still visible in the church.A unique German organ is also housed in the impressive church. Its well worth taking forty minutes out of your schedule for a tour of the beautiful, historical building." https://www.sa-venues.com/things-to-do/northerncape/sutherland-ng-kerk/

Bietjie meer oor SALT as julle wil lees, anders skip tot by die volgende dag.
" Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop of SALT, is 'n nuwe teleskoop met 'n 11 meter (36 voet) spieëldeursnee en geleë naby Sutherland in in die Karoo, Suid-Afrika. Dit is in Junie 2005 voltooi en sal na verwagting die setel wees van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag.SALT is die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond. Dit sal gebruik word vir die fotografering en analisering van hemelliggame wat buite bereik is van die noordelike halfrond se teleskope, en dus nie daarmee waargeneem kan word nie.
Die koste van die projek sal na beraming 30 miljoen Amerikaanse Dollar beloop. Dit is 'n gesamentlike poging deur Duitsland, Pole, die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Nieu-Seeland." https://www.salt.ac.za/ & https://af.wikipedia.org/wiki/Suider-Afrikaanse_Groot_Teleskoop

23 Augustus
Die 23ste was 'n dag vol van baie dinge. Ons eerste mikpunt is Matjiesfontein. Oppad soontoe ry ons die deur die mooi Verlatenkloof en kan nie dink dat 'n week terug alles sover die oog kon sien toe was onder die sneeu nie. 'n Gebeurtenis wat ons weer eens gaan mis as dit net meer as 'n week later weer sneeu.
By Matjiesfontein klim ons terug op die N1 en ry in die rigting van die Matroosberg. Ons kan die sneeu van die vorige week nog op die toppe sien. By Touwsrivier draai ons af en ry deur Die Dorp op die Berg. Ons ry met die Piekenierskloof grondpad pas deur die Cederberge tot in Citrusdal.
Vandaar ry ons deur Clanwilliam oor die geteerde Pakhuispas en draai dan regs uit op die grondpad tot in die mooiste, mooiste vallei met plate en plate blomme. Die mooie Biedouwvallei.
Na 'n vinnige stop in Clanwilliam vir aandete ry ons oor Graafwater na Elansdsbaai. Voor ons inboek by Vensterklip gaan kyk ons eers hoe die son ondergaan oor die see.