Panorama route/roete
24 Junie 2022 - Ons ry van Pretoria na Hazyview, via Sabie.
25 Junie 2022 - Kruger Park Lodge - Rusdag
26 Junie 2022 - Ons besoek die Kruger Wildtuin. Minute nadat ons by die Phabeni hek in is sien ons wilde honde, 'n eerste vir ons. Ons besoek ook Tshokowane vir die eerste keer en eet heerlike roosterkoek. Ons gaan ook vir die eerste keer by Kruger hek uit.
27 Junie 2022 - Kruger Park Lodge - Rusdag
28 Junie 2022 - Kruger Park Lodge - Rusdag
29 Junie 2022 - Ons besoek weer eens die Kruger Wildtuin. Ons gaan weer in by Phabeni hek maar draai dan dadelik regs na Numbi se kant toe. Die roete is baie stiller as die vorige dag s'n maar ons sien darem weer wilde honde asook ons eerste papegaaiduif. Die keer stop ons by Afsaal vir roosterkoeke, wat net so lekker is soos Tshokowane s'n maar dubbel die prys is.
30 - Junie 2022 - Panorama roete, wat beteken watervalle en nogmaals watervalle
1 Julie 2022 - Na 'n besoek aan Graskop Gorge Lift pak ons die moeilike pad aan Loskopdam toe. Ons stop darem in Pelgrimsrus vir 'n eet dingetjie.
2 Julie 2022 - Ons verken Loskopdam
3 Julie 2022 - Oppad huistoe besoek ons die Nan Hue Tempel asook die Anton Smit Scuplture Park