Klipspringerkloof, Dinokeng, Gauteng
Klipspringerkloof Bush Camp is op die grens van die Dinokeng Natuurreservaat. Verblyf bestaan uit 10 privaat kampeerplekke elk met sy eie ablusiegeriewe, en daar is 'n selfsorg-klipchalet wat 'n uitsig oor 'n pragtige kloof bied.
Die oopplan-klipchalet het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf en gasstoofplaat toegerus. Gaste het toegang tot hul eie privaat bosveldboma met 'n braai en oulike swembadjie om in af te koel.
Elke kampeerstaanplek het slaapplek vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 3 kinders. Die kampeerplekke het elk 'n krag- en waterpunt. Die kampeerplekke is geplavei of het 'n oppervlak wat met fyn klippies gevul is en elke staanplek het sy eie bosveldboma met 'n braai, asook 'n privaat toesluitbadkamer met 'n gasgeiser en 'n opwasarea vir skottelgoed. Die badkamers het almal storte.
Alle staanplekke het plek vir 1 veldrywa, sleepwa, kampeervoertuig of karavaan en 1 voertuig word per staanplek toegelaat. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembadarea in die middel van die kamp met sonstoele, welige grasperke en piekniektafels.
https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/klipspringerkloof-bush-camp