Namibia Roadtrip 2017 / Namibië Toer 2017
2017/06/29 - Ons vertrek vroeg die oggend na Kuruman, so 550 kilometer van Pretoria af. Ons oornag in die Safari Travel Lodge, 'n baie netjiese en skoon plek. Kuruman is ’n baie besige dorp, veral op ‘’n Vrydagaand, einde van die maand en ons sukkel om ‘n plek te kry om te eet. Ons het uiteindelik na ‘n uur se rondry so 10 kilometer uit die dorp uitgery en by die “The Grand Oasis Casino” gaan eet. ‘’n Lieflike skoon plek. Moenie aan die einde van die maand probeer eet by 'n wegneem ete plek in Kuruman nie. Jy gaan nie regkom nie.
2017/07/01 - Ons vertrek al weer voor sonsopkoms, die keer na Nababeep waar ons oornag in Jakkalswater Gastehuis. Dit is so 654 kilo’s van Kuruman af. Ons stop in Upington by die museum maar aangesien dit Sondag is, is alles toe. Ons was al voorheen by Augrabies maar ek dink dit is definitief 'n besoek werd as jy nog nie daar was nie. Na 'n draai op Kanoneiland (mens ry net so 'n loop-de-loop oor die rivier en terug) stop ons vir 'n heerlike middagete by die Akkerboom Padstal in Keimoes. Die Pienk Padstal is ook daar naby en as jy die eerste keer daar verby ry, moenie, stop eerder en gaan in. Ons kom net voor sononder by Jakkalswater aan en moet vinnig spring om die oorblywende lig te gebruik. Jakkalswater is ook ‘’n trou venue en die groot graniet klip in die kerkie is nogal iets om te sien. Die aand eet ons braaivleis onder die sterre.
2017/07/02 - 'n Derde oggend waar ons al weer voor sonsopkoms vertrek. Vandag gaan ons Namibie binne en die afwagting en opgewondeheid is groot. Ons ry vandag net oor die 280 kilos na Hobas Camp Site waaar ons oornag. Ons gaan vir die eerste keer die Ais-ais warmwaterbronne en die Visrivier Canyon sien. Ons eet net oor die grens ons eerste Namibie Wimpy ontbyt. Die staanplekke in Hobas is lekker groot en die kamp is so 70% vol. Daar is nuwe badkamers gebou maar daar is nog geen warm water daar nie. Die aand blaas ek ons amper op toe ek die gasbottel aan die brand steek oor die koppeling foutief is. Groot skrik maar darem nie skade nie. Ons eerste aand in Nambie. Ons het Aus ook besoek en dit was nogal mooi om af te loop na die rivier toe. Dit is mooi groen daar. Hulle was besig met verbouings aan die restaurant so ons kon nie daar iets kry om te drink nie.
2017/07/03 - Na 'n rustige oggend (en koue stort in die nuwe badkamers), slaan ons kamp op en vertrek na die bekende Canyon Roadhouse. Hier moet jy definitief tyd verwyl as jy nog nie daar was nie. Daar is baie mooi ou karre om af te neem asook die toilette is iets besonders. Die kos was ook lekker (hamburgers) en die diens nie te sleg nie. Dis heerlik om in Afrikaans bedien te word. Ons reis vandag na Luderitz waar ons vir twee aande kamp op Shark Island. 'n Totaal van 400 kilos ver. Ons gooi diesel in in Aus ('n mooi dorpie om vinnig deur te ry, so moet nie net verby ry nie) en kyk vir die wildeperde maar sien nie veel nie. Ons stop ook by 'n verlate treinstasie vir 'n paar fotos. Die kampplekke op Shark Island is mooi skoon en daar is baie staanplekke waar mens bietjie vir die wind kan wegkruip. As jy aandete wil eet in Luderitz BESPREEK voor die tyd. Daar is net twee of drie restautante en hulle is klein en vinnig vol. Die ligtoring op Shark Island is mooi (jy kan egter nie ingaan nie) asook die kerk op die koppie.
2017/07/04 - Vandag doen ons bietjie sight seeing in Luderitz. Die eerste plek wat ons besoek is 'n emmerskop-item wat al jare op my lys is vandat Anneli van Rooyen so mooi daaroor gesing het, Kolmanskap. Na 'n middagete daar, gaan kuier ons vir die Diaz kruis. Die brug waaroor jy loop na die punt toe het jare terug al gevrot, maar jy kan soos 'n dassie van die een klip na die ander spring (oor die vrot seewater) tot waar jy bo-op die koppie kan opklim met sement trappe. Daar is ook 'n rob kolonie daar om te sien. Ongelukkig oppad terug van daar af val die kan met diesel agter in die bakkie om en mors 'n hele bakkievrag vol diesel op alles wat daar nog oor was in die bak. Gelukkig was ons tent klaar opgeslaan, saam met die beddegoed, stoele en klere en die skade is minimaal. Maar dis omtrent 'n storie om die diesel uit die res van die sakke en die bakkie te kry.
2017/07/05 - 'n Rustige dag vandag begin met 'n vroeg oggend eiers en bacon ontbyt langs die see. Ons ry vandag via Aus na Tirool Gaste huis, 'n plasie tussen nerens en erens. Gelukkig net 170 kilos ver. Ons neem die afrit by die wilde perde bordjie en na so 'n kort baie klipperige pad kom jy by 'n uitkyk plek uit waarvan jy dalk die wilde perde kan sien. Ons was so gelukkig want toe ons stop kom 'n klompie van die wilde perde van Aus oor die koppie aangestap. Voorwaar 'n voorreg.
2017/07/06 - Na beskuit en koffie vertrek ons na Little Sossus Lodge. 'n Kampplek so 60 kilos van die bekende Sossusvlei af. Ons maak 'n draai in Helmeringhausen, waar Andre vir hom 'n paar koedoeleer skoene koop asook in die dorpie Betta waar ons R50 vir 'n geroosterde kaas toebroodjie betaal, sonder skyfies of slaai. Ons sien 'n klomp gemsbokke langs die pad en is aangenaam verras met ons kampplek. Elke staan plek het sy eie afdak (dit kan nogal moer warm word hier) 'n kombuis en 'n badkamer. Die staanplekke is ook ver uitmekaar en dus weet jy nie eers van jou bure nie. Dis so 290 kilos van Tirool af.
2017/07/07 - Vroegoggend net na ses toe staan ons al in die lang ry om by Sossusvlei in te gaan. dit lyk soos 'n boere kerkbasaar soos die bakkie en 4x4's daar staan. Daar is 'n 60 kilometer teerpad in die reservaat waar jy verby Duin 45 ry tot by die regte 4x4 sand pad na Dooivlei. Dit is om en by 5 kilometer deur baie dik sand, sit maar die diff lock en alles wat jy het aan. Dit was 'n ongelooflike ervaring om Dooivlei uiteindlik te sien (na 'n 1.1 kilometer lange treps deur die woestyn) en ons het die mooiste fotos geneem. Van daardie wat so groot geblok in gallerye staan!. Die middag het ons ook 'n draai in die Sesriem Canyon gemaak. Dit is 'n besonderse gevoel om onder in die koel canyon te staan en op te kyk na die klomp rotse om jou en te dink 'n miljoen jaar terug was hier net water.
2017/07/08 - Ons het vandag net 300 kilos om te ry tot op Okahandja. Ons oornag daar in die Gross Barmen (beteken groot, daar is ook 'n Kleine Barmen). Die rivier wat daar deurloop is na 'n Duitser vernoem met die naam Barmen. Ons stop in Solitaire met sy ou kar wrakke wat oral gestrooi lê en besoek Oom Moose McGregor se bekende bakery waar hy single handed die Appel Strudel bekend gemaak het in Namibie. Ons ervaar ook die hemelhoë Spreeshoogte pas en slaan tent op net voor sonsondergang in 'n netjiese maar klein staanplek.
2017/07/09 - Ons slaap vanaand weer hier in Gross Barmen so vandag besoek ons die spa en minerale baddens...ons is deur elke liewe sauna, stoomkamer, jacuzzi en minerale bad wat hulle het. Amper die heeldag net in die water gelê. Die plek is redelik versorg en die baddens is darem almal skoon. Ons was elkeen vir 'n rug en nek massering en het die aand afgesluit met 'n braai onder die sterre. Die buurvrou het vir ons van hulle tuisgebakte brood gebring (saam die tienerbuurseun wat grootoog na Monet gestaar het!) en na ete het ons vir hulle 'n bottel wyn gevat om dankie te sê.
2017/07/10 - Ons slaan redelik vroeg kamp op en pak die bakkie want vandag gaan ons na Erindi Private Game Reserve net buite Okahandja. Hulle het die groot 5 daar en ons staanplek het 'n dubbel afdak, 'n kombuis met 'n yskas en 'n badkamer. Heerlike groen gras om op te kamp ook. Daar is 'n sentrale watergat , wat in die aand verlig word, en al die diere in die kamp (of so voel en lyk dit) kom drink daar water.
2017/07/11 - Nogsteeds in Erindi Private Game Reserve en daar loop ons toe wraggies die Oliviers van Irene raak. Hulle kamp nooit en hier staan hulle , duisende kilometers van die huis af in die selfde park as ons, in die kampplek reg langs ons. Die oggend het ons wakker geword met seker die meeste voël geluide wat ek nog ooit op een plek gehoor het.
2017/07/12 - Vroegoggend koffie en beskuit langs die watergat. Daarna tent opslaan, oppak en die amper 200 kilometers aanpak na Spitskoppe. Nog 'n emmerskop-item. Ons eet ontbyt in Usakos en Monet staan letterlik oopmond en staar na 'n taxi wat by die garage stop om passiers af te laai, want toe die deure oopgaan toe blêr die radio kliphard Afrikaanse musiek uit. Nadat ons tent opgeslaan het in die erge hiite, verken ons die park. Ons neem die moosite fotos by die Brug in Spitzkoppe. Daar was 'n ruk gelede nog so 'n boog maar die het weens erosie omgeval. By Spitzkoppe se ingang loop ons vir Rochelle hulle raak ...weer eens 'n groot verassing, want ons het aangeneem hulle is klaar huis se kant toe.
2017/07/13 - Net voor die son sy gesiggie wys is ek en Andre teen die koppies uit om fotos te neem. Die wind het vreeslik gewaai maar dit het gesorg vir die mooiste wolk formasies met sonsopkoms. Ons het 215 kilos grondpad (soos meeste paaie in Namibie) Hentiesbaai toe aangepak en vroeg middag in 'n baie nat en yskoud, windverwaaide Henties aangekom. Sommer so met die stop by die karavaanpark het ons besluit ons boek sommer nou in 'n gastehuis in, want nie een van ons het kans gesien vir die koue nie. Nadat ons by die vriendelikste vrou in Henties ingeteken het (Desert Rendezvous B&B) en die bagasie ge-dump het, is ons Cape Cross toe. Vir die wat nog nooit daar was nie, dis een van die grootste Cape Fur Seal kolonies in die wereld....en dit STINK.
2017/07/14 - Vandag ry ons Swakopmund binne. 'n Pragtige plek met 'n tipese Duitse dorpie gevoel. Ons was vir net R10 per persoon deur die akwarium en ek dink dit was beslis die moeite werd. Dis 'n klein plekkie maar daar is 'n besonderse mooi glaskoepel waaronder jy deurloop en dan kan jy die visse oor jou sien swem. Ons het op die Jetty gaan stap en 'n bier gaan drink by Jetty1905. 'n Restaurant op die jetty met 'n glasvloer. Ons blyplek vir die volgende week is Sandpiper Dunes, 'n RCI resort baie naby die strand, halfpad tussen Walvisbaai en Swakopmund. As jy in die dorp is, kry sommer 'n permit sodat jy later die Welwichia roete saam die maanlandskap kan gaan kyk. Dit is 'n kort entjie uit Swakopmund uit baie naby Duin 7 en beslis ook die moeite werd om te sien.
2017/07/15 - Ons het vandag vir Liesel op Walvisbaai lughawe gaan kry. Sy spandeer die week saam met ons. Oppad soontoe het die wind vreeslik gewaai en dit was baie mooi om die sand so oor die pad te sien "loop". As jy by die lughawe staan kan jy Duin 7 in die verte sien. Ons het middagete gaan eet by Walvisbaai se hawefront (lol), daar is 'n paar baie mooi winkeltjies daar asook 'n plek met die naam van "Sarah se Gat" na aanleiding van Carike Keuzenkamp se liedjie. Ons het nie daar geeet nie, maar dit lyk na 'n lekker plek vir kuier. Ons het die heerlikste vis geeet by die plek met die pienk deur (Anchors). Die aand het ons die sonsondergang oor die soutpanne gaan afneem. Die geel ongedierte op die foto hieronder is die oord bestuurder se troeteldier en sy gee die dingetjie drukkies en soentjies of dit 'n babahondjie is.
2017/07/16 - Vandag was avontuur dag. Ons het vroeg oggend die quad bike gaan doen by Daredevil Adventures. Hulle is oorkant Langstrand (halfpad tussen Walvisbaai en Swakopmund). Ons het die uur lange trippie deur die woenstyn gedoen en dit was heerlik. Monet het bietjie gesukkel aan die begin en omdat sy te stadig gery het vasgeval. Die gids verduidelik mooi voor die tyd, jy het 'n valhelm op en hy stop gereeld op 'n duin vir fotos. Die uur het gevlieg. Daarna is ons Desert Explorers toe vir 'n rit op 'n kameel. As jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy maar. Dis nogal 'n aardige gevoel as die kameel opstaan met jou bo-op. Dit is nou nie 'n adrenalien junkie se ideaal hierdie nie, want die ou loop voor die kamele en lei hulle op 'n roete deur die woestyn. Ons het na dit die roete verby Duin 7 gery en na die maandlandskap en welwitchias gaan kyk. Die Goanikontes Oasis is 'n lieflike plek vir koffie en 'n broodjie. Diens is nie besonders nie, maar daar is baie foto geleenthede. Onthou die permit, ons het sonder een gery en is gelukkig nie gevang nie. Die welwitchias is 'n entjie in die "veld" in so as jy ry moet jy uitkyk vir dit en soontoe stap. Die oudste plant ter wereld.
2017/07/17 - Ons het die dag in Swakopmund spandeer en iemand wat van klippe en kristalle hou sal die Krystal Gallery baie geniet. Daar is egter ook 'n klip museum vir die wat nie net na die hangertjies en juwele wil kyk nie. Ons het die dag deur die dorp geloop en het die Woermann Haus (Museum) besoek en in die toring op gegaan. Ons moes die sleutel gaan haal by die laaste kantoor in die gangetjie. Jy het 'n baie mooi uitsig oor Swakopmund as jy daar bo is. Daar is ook 'n museum by die seefront maart ons het eerder besluit om 'n biertjie te drink as om duer due museum te stap. Daar is verskriklik baie winkeltjies in Swakopmund en dit is 'n toeris se droom. Ons het by 'n egte Duitse restaurant (Swakopmund Brauhaus) geeet en die kos was tradisioneel Duits. Die aand het ons afgesluit met 'n sundowner by die Jetty restaurant in Langstrand.
2017/07/18 - Vandag is dit ons en Duin 7. Jy was nie in Namibie as jy nie Duin 7 uitgeklim het nie. Dit is volgens Wikipedia die grootste duin ter wereld en glo my, dit het so gevoel. Die groot geheim is gaan vroeg as die sand nog klam is en dit nie te warm is nie en stop gereeld oppad boontoe. As ek dit kan maak , kan enige een. Van bo-op die duin kan jy die lughawe in die verte sien. Ons het die middag laat die pienk flaminke op die soutpanne gaan soek. Die water was egter te vlak en die flaminke te diep in om mooi fotos te kry.
2017/07/19 - Vandag was een van daardie "once in a lifeteme" oomblikke. Ons was uit op 'n boot in die Walvisbaai hawe. Ons het voor die tyd die weer dopgehou en die dag het soos die mooiste een gelyk volgens die voorspellings. En dit was 'n perfekte dag. Windstil. Ons het vooraf bespreek en het die oggend vroeg aangemeld by Mola-Mola in die Walvisbaai hawe. Hulle boot is kleiner as die ander, maar dit beteken daar is minder mense op en jy kry meer aandag as op die groot bote (NS daar is 'n toilet op die boot al lyk dit nie so nie!). Dit is nogal duur (ek dink dit R750 per persoon), maar jy kry darem drinkgoed en eetgoed. Die lekkerste seekos asook Old Brown Sherrie uit 'n blikbeker en soveel Tafeltjies en Urbockies as wat jy kan ingooi. Die rit self is besonder agv die wild voëls en robbe wat hulleself sommer kom tuismaak. Ons was gelukkig genoeg om twee verskillende tipes dolfyne te sien. Ons het na die tyd middagete gaan eet by die jetty langs die waterfront en was gelukkig om nog dolfyne daar ook te sien. Die middag laat het ons op 'n duin oorkant Langstrand 'n sundowner gaan drink en afskeid geneem van die mooi wereld.
2017/07/20 - Na 'n rustige ontbyt het ons vertrek Walvisbaai Lughawe toe, Liesel moes terug vlieg en ons moes ons toer verder aanpak. Ons het die die Namib-Nauklift roete aangepak Rehoboth toe met 'n swaar hart. 350 kilos om te ry. By Vogelfederberg het ons gou gestop vir 'n paar besonderse fotos. Hierdie land is seker een van die min lande waar jy op 'n openbare hoofpad moet stop om hekke oop en toe te maak. En dan moet wag dat drie reuse vragmotors op die grondpad verby kom voor jy weer die hek kan toemaak. Ons het in die donker by Lake Oanob aangekom en in die donker tent opgeslaan.
2017/07/21 - Vandag het ons die 409 kilos na Keetmanshoop aangepak. Ons het buite Mariental gestop om te kyk of ons kon help met 'n veetrok wat brand maar die vlamme was te erg. Dit was erg ontstellend vir ons almal want die diere het lewendig op die trok doodgebrand.....Ai....Ons het so 'n uur voor sonsondergang in Keetmans aangekom en is dadelik na die Kokerboomwoud toe. Jy betaal daar vir toegang tot die Giants Playground ook. Ons wou die sonsondergang met die kokerbome afneem so is toe eerste na die speelgrond toe. Daar is die snaakse rotsformasies, kompleet of 'n reus met Lego gespeel het. Na 'n halfuur se rondloop tussen die klippe is ons toe terug na die kokerbome toe. Die aand het ons 'n obskure restaurantjie die heerlikse kos geeet (Schuetzenhaus Guesthouse). Die tannie van die gastehuis het ons soontoe gestuur en jy sou nie eers weet dit is daar nie. Die kos was goedkoop en heerlik.
2017/07/22 - Vandag se 415 lê soos 'n berg voor ons , want vandag verlaat ons Namibië. Ons gaan by Rietfontein deur die grenspos en is nou nog verbaas oor die spoed waarmee dit gepaardgegaan het. 15 Minute vandat ons daar gestop het tot ons ander deur is. Die goor 100km tussen Askham en Van Zylsrus ry ons in ons lewe nie weer nie. Sinkplaat op sinkplaat op sinkplaat. Meer as 5000 kilos deur Namibie en nie een keer was die pad so sleg nie. Op Leeupan aangekom was Monet en Andre histeries oor die emu mannetjie wat my nie wou uitlos nie. Hy het om my geloop en pronk of hy betaal word.
2017/07/23 - Dit was nou een van die koudste nagte nog op die toer. Die water in die botteltjies in die kar het gevries. Die emu was baie lastig en die laaste 719 kilos van die toer was 'n moeilike uitdaging. Almal was moeg en geiiriteerd en glad nie lus vir die heeldag op die pad wees nie. Na 6925 kilos was ons en die Izuzu bakkie darem groot vriende en het hy ons mooi tot by die huis gedra.