Namaqualand Flower Tour / Namakwaland Blommetoer 2020
24 Augustus
Ons vertrek vroegerig op die mistige oggend na Lambertsbaai. Die doel : ontbyt.
Na ontbyt neem ons die grondpad tot op Nuwerus. Oral waar ons ry staan plate en plate blomme.
Na al die fotos neem en blomme kyk raak ons dors en stop by Lutzville Kelders waar ons 'n botteljie of twee wyne koop. Ons ry onderdeur die lang treinbrug en stop dan in Nuwerus weer eens vir 'n paar fotos.
Vanaf Nuwerus, al langs die N7 verby Garies tot by die afdraai Hondeklipbaai toe, is daar net blomme. Mense staan oral langs die pad en fotos neem. Die wereld is een groot blommetuin.
Ons slaap die aand in Hondeklipbaai by By die Baai.Die hele dorpie is 'n hartseerstorie van armoede en van net nog 'n klein plekkie wat deur die regering en die land in die steek gelaat is.
Ons besoek die wrak van die Aristea asook die murasies van die ou visfabriek.
Ons slaap die aand in Hondeklipbaai by By die Baai.Die hele dorpie is 'n hartseerstorie van armoede en van net nog 'n klein plekkie wat deur die regering en die land in die steek gelaat is.
Ons besoek die wrak van die Aristea asook die murasies van die ou visfabriek.
25 Augustus
Ons ry weer vroegoggend en besluit om eers 'n draai by Kleinzee te maak voor ons terug binneland toe gaan. soos die bordjies in Kleinzee se, dis 'n dorp van melk en heuning, bring net jou eie koei en bye. Ons ry vanaf Kleinzee die rooi pad (agv die kleur van die sand) en maak 'n draai deur Komaggas.
...en dan neem ons die woeste Wildeperdehoekpas in die rigting van Springbok. Ons draai regs uit die mooi grond pad om die kortpad terug na Kamieskroon te neem. Die pad sluit natuurlik 'n twee spoor 4x4 paadjie van so 40 kilos ook in. Erge spoelslote, 'n slot op 'n hek en bietjie senuwees stories maar die omgewing en die blomme was asemrowend.
Net voor ons inklok by Kamieskroon Cosy Cottages maak ons eers 'n draai in Bowesdorp. Die oorspronklike Kamieskroon het hier begin maar toe die water in die omgewing klaar raak skuif die hele dorp 7 kilometer suid. Hier is nog 'n murasie van die ou NG kerk wat teen sonsonder die mooiste fotos maak.